DA: Misdaadstatistieke ‘n skandvlek op Ramaphosa

Die DA sê die jongste misdaadstatistiek vir die tweede kwartaal van 2022/23 bewys dat die bloedbad van geweldsmisdaad regoor die land steeds buite beheer woed, met miljoene mense wat in vrees leef. ʼn Woordvoerder van die DA, Andrew Whitfield, sê meer mense as ooit tevore word vermoor, verkrag en aangerand onder die leierskap van die minister van polisie, Bheki Cele. Whitfield beskuldig President Cyril Ramaphosa daarvan dat hy vanuit Londen toekyk en Cele steeds ten volle steun.