DA-leier kritiseer kabinetskommeling

Die DA-leier, John Steenhuisen, sê President Cyril Ramaphosa se nuwe nasionale uitvoerende gesag is nie regtig ‘n kabinetskommeling nie, maar eerder ‘n sinnelose opgeblasenheid. Hy sê die twee nuwe ministeries in die Presidensie, naamlik ‘n minister van elektrisiteit en ‘n minister van beplanning, monitering en evaluasie, voeg 74 miljoen Suid-Afrikaanse rand by die staatsdiens se salarisrekening. Steenhuisen sê die minister van elektrisiteit in die Presidensie, Kgosientsho Ramokgopa, se aanstelling is raaiselagtig.