DA lê menseregte-klag oor Gauteng-water

Die DA in Gauteng het ’n klagte by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ingedien oor die voortslepende waterkrisis in dié provinsie. Die party sê sedert die instelling van beurtkrag ‘n maand gelede, het baie inwoners daagliks nie behoorlike toegang tot water nie. Die DA-lid, Dorianne Arendse, sê vir ‘n gesin van Coronationville het dié basiese mensereg in ‘n tragedie ontaard toe hul 13-jarige seun deur ‘n motor raakgery is terwyl hy gaan water haal het: