DA: Kinders ly weens regering se onderbreking in kuberveiligheid

Ouers en voogde moet sonder die middele om hul kinders kos, huisvesting en opvoeding te gee klaarkom, weens die nasionale regering se nalatigheid en onbevoegdheid. So sê die woordvoerder van die DA vir maatskaplike ontwikkeling, Gillion Bosman. Hy sê die onlangse binnedring van die departement van justisie se rekenaarstelsel is ‘n nasionale ramp. Die departement moet nog aandui wanneer die stelsel weer aanlyn sal wees. Bosman sê kinders ly weens die regering se onvoldoende kuberveiligheidsmaatreëls.