DA in Wes-Kaap bekommerd oor bek-en-klouseer

Die DA in die Wes-Kaap doen ‘n beroep op boere regoor die provinsie om op ‘n hoë gereedheidsgrondslag te wees en al die nodige veiligheidsmaatreëls te tref om die uitbreking en verspreiding van bek-en-klouseer in die Wes-Kaap te voorkom. Daar is ‘n herlewing van bek-en-klouseer in verskeie provinsies soos Noordwes, Vrystaat, Limpopo, Gauteng en KwaZulu-Natal. Andricus van der Westhuizen, die DA se Wes-Kaapse woordvoerder van landbou