DA het sewepunt-plan om beurtkrag in Kaapstad te beëindig

Die DA se burgemeesterskandidaat vir Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, het ‘n sewepunt-plan bekend gestel om beurtkrag in die stad te beëindig. Hy sê dit kan gedoen word deur te belê in die Steenbras hidro-elektriese aanleg, ‘n moderne energievoorsiener vir die stad te bou, en voorspraak te maak vir beurtkragreëls wat nie metro’s straf waar aanbod proaktief diversifiseer is nie. Hill-Lewis sê inwoners het ook ‘n rol om te speel.