DA gekant teen uitstel van plaaslike verkiesings

Die DA in Suid-Afrika is steeds gekant teen die uitstel van die plaaslike verkiesing in Oktober. Die party sê ook die buurland se Grondwet vereis gereelde vrye en regverdige verkiesings. Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het ‘n regsmening van die howe ingewin oor die aanbeveling van die Dikgang Moseneke-ondersoek om die verkiesing tot Februarie aanstaande jaar uit te stel. Siviwe Gwarube van die DA sê die kommissie moet hom hou by die voorgeskrewe tydraamwerk van verkiesings elke vyf jaar soos in die Grondwet voorgeskryf.