DA gekant teen uitstel van plaaslike verkiesing

Die DA sê die Onafhanklike Verkiesingskommissie sal met die uitstel van die plaaslike regeringsverkiesing aandadig daaraan wees om die ANC te help om verkiesings-toerekenbaarheid vry te spring. Die party weier om dit toe te laat en het stappe gedoen as die OVK sou voortgaan met sy aansoek by die Konstitusionele Hof. Party-leier John Steenhuisen sê die Grondwet skryf voor dat die verkiesing moet plaasvind binne 90 dae na die einde van munisipale rade se vyfjaar-termyn. Hy sê die DA sal die OVK aan dié reël hou.