DA: Geen stappe volg ná verdoemende brandverslag

Die DA in Gauteng sê daar was nog geen stappe na aanleiding van die verdoemende bevindings in ʼn verslag oor ʼn brand by die hoofkantoor van die provinsiale departement van gesondheid nie. Drie brandbestryders is dood. ʼn Woordvoerder van die DA, Jack Bloom, sê volgens die LUR vir gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, is daar na die dodelike brand in September 2018  ‘n ondersoek na beroepsveiligheid en -gesondheid deur die departement van arbeid en die polisie onderneem.