DA gaan Menseregtekommissie toe oor Absa se nuwe hoof

Die DA gaan die Menseregtekommissie nader met ‘n klagte teen die Openbare Beleggingskorporasie oor die aanstelling van ABSA se nuwe uitvoerende hoof, Arrie Rautenbach. Die korporasie het gesuggereer Rautenbach is nie geskik om die hoof van ABSA te wees nie, omdat hy wit is. Volgens Cilliers Brink van die DA is die stelling rassisties en dit is nie daarop gegrond dat hy nie oor die nodige kundigheid en kwalifikasies beskik nie.