DA gaan hof toe oor Zuma-parool

Die DA-leier, John Steenhuisen, sal vandag ‘n aansoek by die Noord-Gautengse Hooggeregshof indien oor die mediese parool wat aan oudpresident Jacob Zuma toegestaan is. Die party wil hê die hof moet die besluit deur die kommissaris van Korrektiewe Dienste, Arthur Fraser, hersien, onwettig verklaar en ter syde stel. Steenhuisen meen Fraser se besluit om Zuma op mediese parool te plaas is polities van aard en nie op mediese feite gegrond nie. Fraser het erken dat die Mediese Paroolraad nié Zuma se vrylating goedgekeur het nie, maar dat hý dit gedoen het.