DA gaan hof toe oor ramptoestand
Die DA-leier John Steenhuisen sê hulle gaan die ramptoestand wat deur President Cyril Ramaphosa oor die kragkrisis aangekondig is, in die hof uitdaag. Hy sê ‘n ramptoestand onder die dekmantel van die hantering van die energiekrisis, sal die ANC net weer in staat stel om verkrygingsprosesse te misbruik en sinnelose regulasies af te dwing. Steenhuisen sê dit maak geen sin om ‘n minister van Elektrisiteit aan te stel nie:
Intussen sê ActionSA se president Herman Mashaba die ramptoestand oor die energiekrisis sal ongetwyfeld die staatskas oopmaak vir plundery soos wat tydens die Covid-19-pandemie gebeur het: