DA doen aansoek in oor verkiesings

Die DA het vandag sy aansoek ingedien om deel te wees van die Onafhanklike Verkiesingskommissie se aansoek in die Konstitusionele Hof om die plaaslike regeringsverkiesing van 27 Oktober na vroeg volgende jaar uit te stel. Die party sê sy voorlegging wys dit is heeltemal moontlik vir die verkiesing om in Oktober voort te gaan, gegrond op wetenskaplike bewyse aangaande die Covid-19 pandemie en logistieke vereistes voor ‘n verkiesing. Die DA voer aan dat dit ‘n aaklige presedent kan skep as die hof aanneem dat hy die mag het om die Grondwet te verander en die grondwetlik-voorgeskrewe proses ignoreer dat dit ‘n tweederde-meerderheid in die parlement vereis.