DA bly oor Oekraïne-debat, sê armstes word deur konflik geraak

Die DA-leier in die buurland, John Steenhuisen, sê hy is bly die Nasionale Vergadering se speaker, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het ingestem tot ‘n dringende debat van nasionale belang oor die Russiese inval in die Oekraïne se uitwerking op Suid-Afrika. Steenhuisen sê hulle glo nie die ANC-regering se besluit om neutraal te bly, wat eintlik beteken hulle is aan Rusland se kant, is ‘n ware weerspieëling van Suid-Afrikaners se gevoel nie. Hy sê dit is sekerlik nie in nasionale belang nie: