DA bekommerd oor Covid-19-toetsprosedures

Die DA in Suid-Afrika is bekommerd oor die Covid-19-toetsprosedures by sommige
Noord-Kaapse sentrums. Die party is van mening die toetse in die Daniëlskuil-gebied
hou ‘n risiko vir die beheer van die pandemie in. Sommige mense wat by ‘n plaaslike
kliniek getoets is, het nooit amptelik hulle uitslae ontvang nie. Delmaine Christians van
die DA sê talle inwoners het gekla hulle het hul uitslae eers baie later ontvang om dan
uit te vind hulle is positief.