DA bekommerd oor befondsingsmodel vir NGV

Die DA sê die departement van gesondheid moet nog ‘n befondsingsmodel vir die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering verskaf. ANC-lede het op Woensdag se parlementêre portefeuljekomitee op gesondheid se klousule-bespreking van die wetsontwerp daarop aangedring dat die versekering deur belasting befonds moet word. Die DA-lid, Michele Clarke, sê die ANC het hul eie arrogansie gekies voor ernstige betrokkenheid oor problematiese klousules in die wetsontwerp.