Cyril verwys DA na Bheki oor DNS-agterstand

Die DA is woedend nadat President Cyril Ramaphosa hulle glo verwys het na die polisieminister Bheki Cele. Die party het ‘n lêer by die president se kantoor ingedien oor die DNS-agterstand ten opsigte van seksuele misdade. Die DA se woordvoerder vir maatskaplike ontwikkeling in die Wes-Kaap, Gillion Bosman, sê die Presidensie se reaksie doen bitter min om geregtigheid vir slagoffers van geslagsgebaseerde geweld te verseker: