Cyril skommel sy kabinet, Tito en Zweli bedank

President Cyril Ramaphosa sê sy kabinetsveranderings kom op ‘n tydstip waar die land verskeie uitdagings in die gesig staar. Die president het die bedanking van die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, en die minister van finansies, Tito Mboweni, aanvaar. Ramaphosa sê hulle het besluit water en sanitasie moet ‘n aparte ministerie wees, terwyl hulle wegdoen met die ministerie van staatsveiligheid en politieke verantwoordelikheid vir die Staatsveiligheidsagentskap in die presidensie plaas:

Die veranderings aan die Suid-Afrikaanse kabinet is: die minister in die presidensie, Mondli Gungubele; minister van finansies, Enoch Godongwana; minister van gesondheid, Joe Phaahla; minister van kommunikasie en digitale tegnologie, Khumbudzo Ntshavheni; minister van verdediging en militêre veterane, Thandi Modise; minister van menslike nedersettings, Mmamoloko Kubayi-Ngubane; minister van staatsdiens en sdministrasie, Ayanda Dlodlo; minister van kleinsake-ontwikkeling, Stella Ndabeni-Abrahams; minister van toerisme, Lindiwe Sisulu; en minister van water en sanitasie, Senzo Mchunu.