Cyril se Britse besoek is uiters belangrik

Die voormalige Britse hoë kommissaris in Suid-Afrika, lord Paul Boateng sê President Cyril Ramaphosa se besoek aan Brittanje is baie belangrik. Ramaphosa is vandag en môre op ‘n staatsbesoek aan die Verenigde Koninkryk van Groot Brittanje en Noord-Ierland. Boateng sê Suid-Afrika is Brittanje se belangrikste vennoot op die vasteland.