Cyril ontvang Duitse president in Pretoria
President Cyril Ramaphosa ontvang vandag die Duitse president, Frank-Walter Steinmeier, in Pretoria. Duitsland is Suid-Afrika se derde grootste uitvoermark, die derde grootste bron van oorsese toeriste, en ʼn belangrike belegging- en ontwikkelingsvennoot. Die presidensie sê die leiers sal geleentheid kry om ʼn verskeidenheid kwessies van gemeenskaplike belang te bespreek en sodoende die strategiese verhouding en nouer samewerking tussen die twee lande bevorder. Hy voeg by Steinmeier sal ook geleentheid kry vir ʼn kranslegging by Vryheidspark.