Cyril ontken gissings oor trae kabinetskommeling

Die Suid-Afrikaanse Presidensie het bewerings ontken dat President Cyril Ramaphosa persoonlike verbintenisse bo sake van nasionale belang sou gestel het. Die President het weer onder kritiek deurgeloop oor die vertraging met die bekendmaking van sy nuwe kabinet, nadat foto’s verskyn het van ‘n dinee wat hy Vrydagaand bygewoon het, na afloop van ‘n beesveiling by sy Phala Phala-plaas in Limpopo. Die woordvoerder in die Presidensie, Vincent Magwenya, het bevestig die nuwe kabinet word vanaand aangekondig. Hy sê Ramaphosa het gedurende die week sy pligte nagekom terwyl hy vir ‘n verkoue behandel is.