Cyril gesels met Mswati oor sekuriteit

Die Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa en koning Mswati van Eswatini gaan saamwerk om ‘n nasionale dialoogforum in die buurland te vestig ten einde die wydverspreide versetoptrede op te los. Ramaphosa is die huidige voorsitter van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se sekerheidstruktuur. Die twee leiers het vergader om die situasie in Eswatini te bespreek. Berigte lui daar is toenemende oproepe vir die koning om demokrasie in die laaste monargie in Afrika toe te laat. Byna 30 mense is die afgelope paar maande in skermutselings tussen betogers en veiligheidsmagte dood.