Cyril en Gwede praat anders oor energie

President Cyril Ramaphosa behoort die uitlatings deur die minister van energie, Gwede Mantashe, dat Afrika-lande moet saamstaan teen die wêreldwye beweging weg van fossielbrandstof, te verduidelik. Die DA-parlementslid, Kevin Mileham, sê die minister se kommentaar weerspreek Suid-Afrika se beweging in die rigting van skoner en meer uiteenlopende energiebronne. Dit ignoreer ook Ramaphosa se verklaring van beloofde beleggings van miljarde vir die ontwikkeling van groen energie sodat steenkool minder gebruik word: