Cummins looi Engeland

Die Australiese kaptein, Pat Cummins, het drie toporde paaltjies geneem wat Engeland in die moeilikheid het op die eerste dag van die derde toets in die reeks om die As in Melbourne. Australië het die loot gewen en die sukkelende besoekers ingestuur om te kolf. Engeland se aanvangskolwers het weer misluk met ‘n telling van 61 vir die verlies van drie paaltjies teen middagete. Daarna het Mitchell Starc die groot paaltjie geneem, met kaptein Joe Root wat op 50 lopies agter die paaltjies uitgevang is. Die besoekers was teen teetyd op 128 vir ses.