Cumbre Vieja-vulkaan bars steeds uit

Die Cumbre Vieja-vulkaan in die Kanariese Eiland bars steeds uit sedert Sondag en daar is tans twee baie groot lawa-strome wat op pad is na die see toe. Meer as 200 huise is reeds verwoes en as en rook maak toestande baie gevaarlik vir inwoners van die eiland. Piesangplantasies, die eiland se hoof uitvoerproduk, is ook verwoes en duisende inwoners moes reeds vlug. Daar is groot kommer wanneer die lawa die see bereik. Die warm lawa koel baie vinnig af en die stoom bevat klein stukkies van die verkoelde lawa wat saam met suur ‘n gas vorm en ‘n ontploffing veroorsaak. Dit kan so skadelik wees soos ‘n bom.