Cruz het massaskietery in Parklands beplan, video gedeel daaroor

Aanklaers in die saak van Nikolas Cruz, wat op Valentynsdag in 2018, 17 leerders en personeel van die Marjory Stoneman Douglas-skool in Parklands, Florida doodgeskiet het, sê die aanval was beplan. Cruz, 19 ten tye van die aanval, het skuldig gepleit op 17 klagte van moord in die eerste graad en sy vonnisoplegging, wat moontlik tot ses maande kan duur, het begin. Cruz het drie dae voor die noodlottige skietery ‘n video daaroor gemaak en op sosiale media gedeel.