Credit Union-diefstal: Feite word betwis

Die vermeende diefstal van 60 miljard Namibiese dollar by die sogenaamde Credit Union Namibia, bly in die nuus. Die bedrag het wenkbroue gelig omdat dit amper die hele begroting van Namibië, wat rondom 72 miljard dollar is, beslaan en vrae oor die Finansiële Intelligensie-sentrum het onmiddellik na vore gekom. Maar, die Namibiese polisie het die ondersoek en die bedrag bevestig, maar bygevoeg dat die ondersoek in ‘n baie vroeë stadium is. Intussen het die hoof uitvoerende beampte van die unie Louie Rupping Theron aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die beriggewing foutief is maar bevestig hy het persoonlik die klag by die polisie gemaak. Hy wou nie meer sê nie maar het later aan plaaslike media bevestig die bedrag is verkeerd en dat die fondse blykbaar deur middel van ‘n sindikaat in Indonesië gesteel is. Daar is vroeër berig die beweerde misdaad het in Desember verlede jaar plaasgevind.