Covid-vlae: Ons is beter voorbereid, meer ervare

Daar is geen rede tot kommer oor toekomstige vlae van Covid nie. Volgens die voormalige Namibiese Ombudsman, advokaat John Walters, is gesondheidsowerhede baie beter voorbereid na die tragedies en chaos van verlede jaar. Hy voeg by dat gesondheidspersoneel ook meer ervare is.