Covid-uitbreking by Antarktika-navorsingstasie

Navorsers by die Belgiese Prinses Elizabeth-navorsingstasie in Antarktika stoei op die oomblik met ‘n Covid-uitbreking. Sestien van die 25 werkers by die stasie het reeds positief vir Covid getoets. Volgens berigte was die eerste positiewe geval op 14 Desember bevestig na ‘n span navorsers vanaf Suid-Afrika aangekom het. Nog twee het positief getoets en al drie is uitgevlieg maar, gevalle het steeds toegeneem. Die hele span is ten volle ingeënt en internasionale media berig hulle het nie erge simptome nie. Die fasiliteit het twee dokters op die perseel en toerusting om pasiënte te behandel, sowel as om PCR-toetse uit te voer.