Covid: so lyk gevalle vandag

Die Namibiese gesondheidsministerie het 1 084 nuwe Covid-gevalle uit 2 597 toetse bevestig, dit wil sê, 42 persent van alle toetse wat uitgevoer was is positief. Otjozondjupa het die meeste gevalle met 265. Daar is 114 in Okahandja. Hardap is tweede met 261 waarvan 168 in Rehoboth is. Windhoek het 216. In Erongo is daar 154 gevalle met 81 in Omaruru. Daar is 215 leerders, 7 studente, 14 onderwysers en 12 gesondheidswerkers in die groep. Vyftien sterftes is bevestig met 808 pasiënte wat herstel het wat die totale aktiewe gevalle op 14 092 te staan bring. Die herstelkoers het verder teruggesak na 80 persent toe.