Covid-regulasies tree môre in werking

Die Namibiese ministerie van gesondheid het bekendgemaak dat daar 482 nuwe Covid-19-gevalle in die land bevestig is: Windhoek 161, Rehoboth 84, Gobabis 33, Swakopmund 27, Oshakati 24 en Walvisbaai 23. Die res is landswyd versprei. Daar is op die oomblik steeds 3 863 aktiewe gevalle, 50 443 het reeds herstel uit ‘n kumulatiewe totaal van 55 141. Die sterfgevalle staan op die oomblik op 824. Die veranderinge aan die huidige Covid-19 regulasies tree môre in werking en die publiek word daarop gewys dat die bestaande regulasies vanaand om middernag verval.