Covid-pandemie het groot impak op bloedskenkings in die land

Volgens die Namibiese Bloedoortappingsdiens het die Covid-pandemie ‘n groot impak op bloedskenkings in die land. ‘n Woordvoerder van die diens, Titus Shivute, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê mense kan sewe dae na hulle Covid-inenting weer bloed skenk.