Covid: net meer as 1 000 aktiewe gevalle

Die Namibiese gesondheidsministerie het 34 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig. Rehoboth het 13, Engela en Tsandi vier elk, Windhoek drie en Swakopmund en Opuwo twee elk. Die res kom landwyd voor. Daar is steeds 1 021 aktiewe gevalle met 122 734 wat herstel het uit ‘n kumulatiewe totaa van 127 261. Totale sterftes staan op 3 494.