Covid-maatreëls onveranderd, behalwe vir grenstoegang

Die Namibiese gesondheidsminsiter dr. Kalumbi Shangula het die huidige Covid-maatreëls onveranderd gelaat.

Die maatreëls is tot 16 Februarie van toepassing. Intussen het hy aangekondig dat ten volle ingeënte Namibiërs, die met permanent verblyf en vragmotor bestuurders hoef geen Covid-toets te doen om die land binne te kom nie.