Covid: Korrektiewe Dienste se maatreëls werk

Covid-19-gevalle in die Namibiese korrektiewe diensfasiliteite neem tans steeds af. Kommissaris Sam Shaalulange, hoof van die direktoraat vir korrektiewe dienste, het gesê die maatreëls wat hulle ingestel het, is die belangrikste rede vir die afname soos hy aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik.