Covid-inentings styg midde weermag-werwing

Voornemende Namibiese weermag-rekrute stroom volgens berigte na hospitale om hul Covid-inentings te kry. Een van die streng vereistes is dat kandidate ten volle ingeënt moet wees om ‘n pos in die weermag los te slaan. Volgens die Namibiese gesondheidsministerie se Covid-verslae het 2 887 persone tussen Sondag en Dinsdag hul eerste Covid-inentings ontvang. Eerste inentings het in vanaf 32,4 persent tot 33 persent gestyg. Altesaam 24,4 persent van die teikenbevolking is ten volle ingeënt. Generaal-majoor Petrus Nathinge van die weermag het vandag tydens ‘n mediakonferensie beklemtoon MIV/vigs en Covid-toetse is verpligte vereistes vir Namibiërs wat bereid is om by die mag aan te sluit, sonder enige uitsondering.