Covid in skole gedryf deur gemeenskapsoordrag

Die Namibiese gesondheidsministerie het met verskeie rolspelers beraadslaag oor die stygende positiewe Covid-gevalle onder leerders en onderwysers. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Sanet Steenkamp sê daar was geen klagtes of voorstelle dat skole weer moet sluit nie. Sy sê verder onderwysers word aangeraai om ingeënt te word. Steenkamp het beklemtoon dat die meeste gevalle van Covid-19 weens gemeenskapsoodrag aan leerders is.