Covid het kinders meer kwesbaar gemaak

Die Verenigde Nasies sê kinders wat in gewapende konflik vasgevang is, word die meeste deur die koronavirus-pandemie geraak. Die VN het in sy jongste verslag bevind die sluiting van skole, kindervriendelike omgewings en die verlies aan huishoudelike inkomste as gevolg van Covid-19, het die risiko verhoog vir kinders om gewerf, uitgebuit en seksueel aangerand asook in huwelike gedwing te word. Virginia Gamba van die VN sê daar is verlede jaar ongeveer 26 425 growwe skendings teen meer as 19 370 kinders gepleeg. Gamba sê die beskerming van kinders wat in ‘n oorlog vasgevang is, moet bo-aan die internasionale agenda wees.