Covid: grootste impak op lewensverwagting sedert WWII

Navorsing deur Oxford-universiteit toon dat die Covid-pandemie die grootste afname in lewensverwagting veroorsaak het sedert die Tweede Wêreldoorlog. Volgens die studie het lewensverwagting met ses maande in 22 van die 29 lande wat deelgeneem het, gedaal. Maar, in die VSA het die lewensverwagting van mans met twee jaar en twee maande afgeneem. Net meer as 4,7 miljoen mense is tot dusver dood as gevolg van Covid-19. Die universiteit sê verder dat Covid ‘n groter impak op mans as vroue gehad het en dat die pandemie al die vordering wat in die afgelope vyf jaar gemaak is, omgekeer. Die navorsers het ‘n beroep op ontwikkelende lande gedoen om mortaliteit syfers bekend te maak vir verdere studies.