Covid-gevalle noodsaak strenger maatreëls in Mauritius

Mauritius het strenger regulasies ingestel na ‘n toename in Covid-19 gevalle. Bykans 2 000 nuwe virusgevalle is sedert 18 Oktober in die land bevestig. Sowat tweederdes van Mauritius se bevolking is reeds ten volle ingeënt. Volgens die Suid-Afrikaanse rugbylegende Cabous van der Westhuizen wat daar woon is die strenger regulasies meer van toepassing op die plaaslike bevolking..