Covid-gevalle daal, klem steeds in die Noorde
Die Namibiese gesondheidsministerie het 21 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig. Engela het vyf, Tsandi vier, Okongo drie en Swakopmund, Rehoboth en Lüderitz twee elk. Die res kom landwyd voor. Daar is steeds 776 aktiewe gevalle uit ‘n kumulatiewe totaal van 128 927. Die totale sterftesyfer is tans 3 554.