Covid: boere se uitdagings lyk so…

Na aanleiding van die aanmerkings deur Namibië Droogtehulp se Henriëtte le Grange dat boere sukkel met Covid-uitdagings, veral omdat droogtetoestande hulle genoop om kostes te bespaar en ekstras soos mediese dekking te kanselleer, het Kosmos 94.1 Nuus met die president van die Namibiese Landbou-unie Piet Gouws gepraat. Volgens Gouws is daar wel groot uitdagings maar op die huidige stadium is daar geen syfers bekend nie.