covid: 43 persent is positief

Die Namibiese gesondheidsministerie het 54 sterfgevalle en 1 364 nuwe Covid-gevalle uit 3 166 uitslae aangekondig vir 29 Junie. Dit verteenwoordig ‘n positiewe koers van 43 persent. In die groep is 219 leerders, 32 studente, 23 onderwysers en 20 gesondheidswerkers. Windhoek, oftewel Khomas, het steeds die meeste gevalle met 382 terwyl Erongo 268 bevestig het. In die Hardap-streek het Rehoboth 36 gevalle. Daar is nou 21 055 aktiewe gevalle, waarvan 561 in hospitale en 91 in hoësorg is.’n Totaal van 433 pasiënte het herstel.