Covid: 228 miljoen kinders kwesbaar vir masels, polio ens.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het sy kommer uitgespreek oor die impak van die Covid-19 pandemie op roetine inentings teen masels, polio en meer. Volgens die hoof van die WGO, Tedros Adhanom Ghebreyesus is 60 inentingsveldtogte in 50 lande opgeskort wat 228 miljoen kinders kwesbaar maak.