Covid-19 vererger voedselonsekerheid in Suid-Afrika

Covid-19 het die reeds hoë vlakke van ongelykheid, werkloosheid en voedselonsekerheid in Suid-Afrika vererger. Dit is volgens ‘n dosent in ontwikkelingstudies aan die Universiteit van Pretoria, Marc Wegerif. Sy navorsing fokus op voedsel-stelsels, landbou-vernuwing en grondregte. Hy het by ‘n seminaar gepraat wat in samewerking met die Voedselstelsels-navorsingsnetwerk vir Afrika en die departement van wetenskap en innovasie by die Nasionale Navorsingstigting aangebied is. Wegerif sê kleinskaalse en informele handelaars wat die armstes bedien, het die meeste gely.