Covid-19: Tans 2 546 aktiewe gevalle

Die Namibiese Gesondheidsministerie het vandag 191 nuwe Covid-19-gevalle in 10 streke uit 1 592 toetsresultate aangekondig. In die groep is 11 gesondheidswerkers, 4 leerders en 3 onderwysers. Daar is 2 546 aktiewe gevalle waarvan 228 pasiënte in hospitale is met 49 in hoësorg-eenhede. Ses sterfgevalle is op onderskeidelik Oshakati, Lüderitz, Usakos en Onandjokwe aangemeld.