Covid-19: Positiewe koers staan nou op 33%

Die Namibiese gesondheidsministerie het 1 257 nuwe Covid- gevalle uit 3 805 toetsuitslae aangemeld wat ‘n positiewe koers van 33 persent verteenwoordig. In die groep is 82 leerders, 25 gesondheidswerkers, 15 studente en nege onderwysers. Daar is nou 6 189 aktiewe gevalle, waarvan 175 pasiënte in hospitale is en 15 in hoësorgeenhede. Altesaam 332 565 persone is ten volle ingeënt.