Covid-19-inentings-punte is vandag oop

Die Namibiese gesondheidsministerie het bekendgemaak dat die positiewe koers onder die 609 nuwe Covid-19 gevalle 24% is. Die meeste nuwe gevalle is in Otjozondjupa met 15%, gevolg deur Khomas en Erongo met 14% elk. Die herstelkoers staan tans op 79%. Die ministerie het die publiek daarop gewys dat die volgende inentings-punte tot vyf uur vanmiddag oop is. Windhoek sentrale hospitaal, Hosiana kerksaal, NG Kerk Eros se saal, Katutura-oos kiesafdeling se kantore, Windhoek skougronde, Otjimuise kliniek en Khomas Hoogland in die Baumgartsbrunn area se mobiele span.