Covid-19 gevalle in Japan neem drasties toe

Olimpiese Spele. Die Japanse premier Yoshihide Suga het sy kommer uitgespreek oor die drastiese tempo waarteen Covid-19 in die land versprei. Nuwe daaglikse infeksies het die 1 ste keer die 10 000-merk verbygesteek, waarvan meer as ‘n derde in Tokio aangemeld is. Suga het sy landgenote weer gevra om Covid-regulasies te eerbiedig en nie te probeer om van die sportbyeenkomste van die Spele by te woon nie.