Covid-19 gevalle daal steeds in die land

Die afgelope paar weke is lae Covid-gevalle gerapporteer in vergelyking met vroeër
vanjaar. Gister is slegs drie gevalle aangemeld en geen sterftes. Die
Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, het Namibiërs bedank dat hulle
die Covid-maatreëls gehoorsaam. Hy maan Namibiërs egter om steeds groot
byeenkomste te vermy en te sorg dat hulle ingeënt word.